Hosea 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy het weer swanger geword en 'n dogter gebaar. En God sê vir hom: Noem haar Loruhama, want Ek sal my nie meer oor die huis van Israel ontferm nie; maar Ek sal hulle heeltemal wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Kort daarna het Gomer weer verwag en ’n dogter is gebore. Toe sê die Here vir Hosea: “Noem haar Lo-Rugama (‘Geen-ontferming’), want Ek sal My nie langer ontferm oor die volk Israel en hulle vergewe nie.
Afrikaans 1933/1953
Toe het sy weer swanger geword en 'n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rug ma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.
Afrikaans 1983
Gomer het weer swanger geraak en sy het 'n dogter gekry. Die Here het toe vir Hosea gesê: Noem haar Sonder-ontferming, want Ek gaan My nie weer oor Israel ontferm en hulle sonde vergewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het weer swanger geword en geboorte gegee aan 'n dogter. Die Here sê toe vir hom: “Noem haar Lo-Rugama, want Ek gaan My nie langer ontferm oor die huis van Israel nie, ja, Ek sal hulle geensins vergewe nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Gomer het weer swanger geword en sy het 'n dogter gekry. Die Here het gesê: “Jy moet haar noem ‘Nie-Weer-Goed-Wees-Nie,’ “want Ek sal nooit weer goed wees vir die mense van Israel nie. Nee, Ek sal hulle wegvat uit hulle land, Ek sal dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gomer het weer verwag en ’n dogtertjie gehad. Die Here het vir Hosea gesê: “Haar naam is Lo-Rugama. Dit beteken ‘Gee nie meer om nie’. Ek gee nie meer vir Israel om nie. Ek gaan nie weer hulle sonde vergewe nie.