Hosea 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek sal My oor die huis van Juda ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie verlos deur boog of swaard of deur oorlog, deur perde of deur ruiters nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Ek sal aan die mense van Juda ontferming betoon as die Here hulle God. Ek self sal hulle bevry van hulle vyande sonder die hulp van wapens of militêre magte.”
Afrikaans 1933/1953
Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.
Afrikaans 1983
Maar Ek sal My oor Juda ontferm en Ek, die Here hulle God, sal hulle red. Ek sal dit nie doen met wapens, oorlog, perde en ruiters nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar oor die huis van Juda sal Ek my ontferm. Ek sal hulle verlos deur die Here hulle God; Ek sal hulle nie deur boog en swaard en oorlogstuig, deur perde en ruiters verlos nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar vir die mense van Juda sal Ek goed wees. Ek is hulle God die Here, en Ek sal hulle red. Ek sal dit nie doen met wapens en oorlog nie, nie met soldate op perde nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar Ek sal steeds lief bly vir die mense van Juda in die suide. Ek sal hulle red. Daar sal nie ’n oorlog nodig wees om hulle van hulle vyande te bevry nie.”