Hosea 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê God: Noem hom Loammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle God wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê die Here: “Noem hom Lo-Ammi (‘Nie-my-volk-nie’), want Israel is nie meer my volk nie en Ek is nie meer hulle Verbondsgod nie.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s'n wees nie.
Afrikaans 1983
Die Here het gesê: Noem hom Nie-my-volk-nie, want julle is nie my volk nie en Ek is nie julle God nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here sê toe: “Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek is nie ‘Ek Is’ vir julle nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gesê: “Jy moet hierdie seun noem ‘Nie-My-Volk-Nie,’ want julle is nie meer my volk nie, en Ek is nie meer julle God nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie keer het die Here gesê: “Sy naam is Lo-Ammi. Dit beteken ‘Nie my volk nie’, want julle is nie meer my volk nie en Ek is nie meer julle God nie.”