Hosea 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sê vir julle broers: Ammi! en vir jou susters, Ruhama.
Afrikaans (NLV) 2011
“Maar nou, kla julle ma aan. Sy is nie meer my vrou nie en Ek is nie meer haar man nie. Sê vir haar om ontslae te raak van haar grimering en suggestiewe klere en op te hou om soos ’n prostituut op te tree.
Afrikaans 1933/1953
Twis met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.
Afrikaans 1983
Kla julle moeder aan, kla haar aan! Sy is nie meer my vrou nie, Ek is nie meer haar man nie. Sy moet ophou om ontrou te wees en sy moenie meer owerspel pleeg nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Kla julle ma aan, kla haar aan, want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie. Laat sy die tekens van hoerery van haar gesig verwyder, en die tekens van egbreuk tussen haar borste –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gesê: “Julle ma is Israel. Julle moet vir julle ma sê sy het verkeerd gedoen, want sy is nie meer my vrou nie, en Ek is nie meer haar man nie. Sy moet ophou om ontrou te wees en om egbreuk te pleeg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Raas met julle ma. Baklei met haar. Ek gaan van haar skei. Sy moet ophou om agter ander mans aan te loop. Sy moet ophou om My te verkul.