Hosea 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou sal Ek haar skandelikheid ontdek voor die oë van haar minnaars, en niemand sal haar uit my hand red nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal ’n einde maak aan haar jaarlikse feeste, haar Nuwemaanfeeste en haar Sabbatsfeeste — trouens al haar vasgestelde feeste.
Afrikaans 1933/1953
En Ek maak 'n einde aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.
Afrikaans 1983
Ek gaan 'n einde maak aan al haar feesvreugde, haar huttefeeste, haar nuwemaansfeeste en haar sabbatsfeeste, al haar feeste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek gaan 'n einde maak aan al haar feesvreugde: haar pelgrimsfeeste, haar nuwemaansfeeste en haar Sabbatte, ja, elkeen van haar feesgeleenthede.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy sal nie meer bly kan wees oor iets nie. Daar sal nie meer Hutte-feeste, Nuwemaan-feeste, Sabbatdae of ander feeste wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek gaan haar rinkinkery stopsit. Ek maak ’n einde aan haar partytjies wat sy vir die afgode hou. Die feeste op die nuwemaan en op die sabbat sal op ’n einde kom.