Hosea 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal ook al haar vreugde laat ophou, haar feesdae, haar nuwemane en haar sabbatte en al haar feestye.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal haar wingerde en vyebome verwoes, dinge waarvan sy sê: ‘Dis betaling wat my minnaars vir my gegee het.’ Ek sal dit tot ’n ruigte maak sodat net wilde diere daarvan sal vreet.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal haar wingerdstok en haar vyeboom verwoes waarvan sy gesê het: Hierdie dinge is my hoereloon wat my minnaars my gegee het; en Ek sal dit tot 'n bos maak, en die wilde diere van die veld sal dit opeet.
Afrikaans 1983
Ek gaan haar wingerde en haar vyebome verwoes, die dinge waarvan sy sê: “Dit is my beloning wat my minnaars my gee vir my dienste.” Ek gaan dit 'n boskasie maak en die wilde diere sal dit opvreet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek gaan haar wingerde en haar vyeboorde verwoes, waarvan sy gesê het, ‘Dit is 'n geskenk aan my wat my minnaars my gegee het.’ Ek sal dit 'n ruigte maak, en die wilde diere sal dit opvreet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal haar wingerde en haar vyebome verwoes. Hulle sal soos die bosse word, die wilde diere sal hulle vreet. Sy het gesê: ‘Dit is presente wat my afgode vir my gegee het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Sy het gespog dat die mans wat by haar gekuier het, haar betaal het deur vir haar druiwe- en vyebome te plant. Ek gaan dit wortel en tak uitroei. Ek gaan dit bosse maak waar die wilde diere sal kom vreet.