Hosea 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal haar wingerde en haar vyebome vernietig waarvan sy gesê het: Dit is my belonings wat my minnaars aan my gegee het; en Ek sal dit 'n bos maak, en die wilde diere van die veld sal dit eet.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal haar straf vir al die kere dat sy wierook vir die beelde van die Baäls gebrand het, haar behang het met oorringe en juwele, en uitgegaan het om haar minnaars te soek. Maar aan My het sy nie gedink nie,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953
So besoek Ek dan aan haar die dae van die Baäls toe sy vir hulle offerrook laat opgaan het en haar met haar neusring en haar halssierade versier en haar minnaars agternageloop het; maar My het sy vergeet, spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Ek gaan haar laat boet vir al die kere dat sy die Baäls gedien het en vir hulle geoffer het, vir al die kere dat sy haar uitgedos het met ringe en versiersels en agter haar minnaars aangeloop het en My vergeet het, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek gaan van haar rekenskap eis oor die feesdae vir die Baäls waarop sy vir hulle geoffer het, toe sy haar versier het met ringe en juwele, en agter haar minnaars aangeloop het. Maar My het sy vergeet,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek sal haar straf, want sy het baie maal offers gebring vir die Baäls. Die mense van Israel is soos slegte vroue wat hulleself mooi maak met ringe en juwele en wat rondloop en ander mans soek. Maar vir My het hulle vergeet.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek gaan haar straf oor die tyd toe sy vir die Baäls offers gebring het. Ek gaan haar laat betaal vir die tyd toe sy haar mooi gemaak het en juwele aangesit het om agter die mans aan te loop en My net so laat staan het,” sê die Here.