Hosea 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal op haar die dae van die Baäls besoek, waarin sy vir hulle reukwerk laat opgaan het, en sy haar versier het met haar oorringe en haar juwele, en sy het agter haar minnaars aan gegaan en My vergeet, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
“Daarom sal Ek haar naderlok en weer terugwen. Ek sal haar na die woestyn toe lei en daar teer dinge vir haar sê.
Afrikaans 1933/1953
Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.
Afrikaans 1983
Tog sal Ek weer begin om haar die hof te maak. Ek sal haar na die woestyn toe bring en mooi dinge vir haar sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Daarom, kyk, Ek gaan haar oorhaal, haar na die woestyn laat gaan, en mooi met haar praat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gesê: “Maar Ek sal aanhou mooi praat met die mense van Israel totdat hulle weer my volk wil word. Ek sal hulle terugneem na die woestyn en Ek sal mooi dinge vir hulle sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Kyk net wat Ek gaan doen. Ek gaan haar ompraat om saam met My na die woestyn toe te gaan. Ek gaan daar vir haar mooi dinge sê wat sy graag wil hoor.