Hosea 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Akor as 'n deur van hoop; en sy sal daar sing soos in die dae van haar jeug en soos op die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Op daardie dag,” sê die Here, “sal jy My noem ‘my man’ en nie meer ‘my meester’ nie.
Afrikaans 1933/1953
En in die dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie.
Afrikaans 1983
Dié dag, sê die Here, sal jy vir My sê: “My man,” en My nie meer as 'n Baäl beskou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, “sal jy My noem, ‘my Man’. Jy sal My nie weer ‘my Baäl’ noem nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het ook gesê: “Daardie dag sal die mense van Israel sê: ‘U is ons God.’ Hulle sal nie meer sê: ‘U is ons Baäl’ nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Op daardie dag,” sê die Here, “sal jy vir My sê: ‘Jy is my man.’ Jy sal My nie weer ‘My leier Baäl’ noem nie.