Hosea 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in dié dag, spreek die HERE, sal jy My Ishi noem; en jy sal my nie meer Baäl noem nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Israel, Ek sal sorg dat jy jou Baälbeelde sal vergeet. Jy sal selfs hulle name nie meer noem nie.
Afrikaans 1933/1953
Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.
Afrikaans 1983
Ek sal sorg dat jy die name van die Baäls nie weer noem nie en dat jy hulle nooit weer aanroep nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal die name van die Baäls uit haar mond verwyder; hulle name sal nie weer in herinnering geroep word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal die Baäls se name wegvat uit die mense van Israel se mond, hulle sal nie meer oor die Baäls praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy sal nie eens meer die naam van Baäl noem nie. Jy sal skoon vergeet wat sy naam was.