Hosea 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal jou aan my verloof vir ewig; ja, Ek sal My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in barmhartigheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal getrou aan jou bly en jou Myne maak, en jy sal uiteindelik vir My ken as die Here.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die HERE ken.
Afrikaans 1983
Ek gaan jou aan My bind deur my onverbreekbare trou sodat jy aan My, die Here, toegewy sal wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek gaan My in trou aan jou verloof, en jy sal die Here erken.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal julle my volk maak, julle sal My altyd wil dien. Julle sal altyd naby die Here wil wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal altyd aan jou getrou bly. Daaraan sal jy weet dat Ek die Here is.