Hosea 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal jou ook aan my verloof in trou, en jy sal die HERE ken.
Afrikaans (NLV) 2011
“Op daardie dag,” sê die Here, “sal Ek antwoord en die hemel sal die aarde antwoord sodat dit reën.
Afrikaans 1933/1953
En in die dag sal Ek verhoor, spreek die HERE, Ek sal die hemel verhoor en die sal die aarde verhoor.
Afrikaans 1983
Dié dag sal Ek antwoord, sê die Here. Ek sal die lug antwoord en dié sal die grond antwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Op daardie dag sal Ek antwoord,” is die uitspraak van die Here. “Ek sal die hemel antwoord, en dit sal die aarde antwoord;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Daardie dag sal Ek praat. Ek sal praat met die lug, en die lug sal met die aarde praat,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Op daardie dag,” sê die Here, “sal Ek doen waarvoor hulle gebid het. Ek sal wolke in die lug gee. Dit sal reën op die grond wat so dors was.