Hosea 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in dié dag sal Ek hoor, spreek die HERE, Ek sal na die hemel luister, en hulle sal na die aarde luister;
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal die grond antwoord met koring en wyn en olie, en ’n koor sal weerklink: Jisreël (dis God wat saai)!
Afrikaans 1933/1953
En die aarde sal die koring verhoor en die mos en die olie, en die sal J¡sreël verhoor.
Afrikaans 1983
En die grond sal antwoord met koring, wyn en olie vir Jisreël.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
die aarde sal die koring, die nuwe wyn en olie antwoord, en hulle sal Jisreël antwoord.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en die aarde sal praat met die koring en die wyn en die olyf-olie, en hulle almal sal praat met die mense van Jisreël.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die aarde sal die reënwater opsuig. Die aarde sal dan koring en wyn en olie gee. Ek sal na die gebed van Jisreël luister. Die oes wat uit die land uit kom, sal vir hulle kos gee.