Hosea 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
sodat ek haar nie kaal uittrek en haar stel soos op die dag dat sy gebore is nie, en haar soos 'n woestyn maak en haar soos 'n droë land maak en haar van dors doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal ook nie haar kinders liefhê soos my eie nie, want hulle is nie my kinders nie. Hulle is deur ander mans verwek.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore.
Afrikaans 1983
Ek sal My nie oor haar eerste kinders ontferm nie, want hulle is buite-egtelike kinders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oor haar kinders sal Ek my nie ontferm nie, want hulle is hoerkinders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal ook nie vir haar kinders goed wees nie, want hulle is ontrou kinders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal nie haar kinders liefhê nie. Hulle is nie my kinders nie. Hulle is kinders wat sy by ander mans gehad het.