Hosea 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, kyk, Ek sal jou weg met dorings toemaak en 'n muur maak, dat sy haar paaie nie sal vind nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer sy agter haar minnaars aan loop, sal sy hulle nie kan inhaal nie. Sy sal na hulle soek, maar hulle nie kry nie. Dan sal sy dink: ‘Ek moet maar na my man toe teruggaan, want by hom het dit beter met my gegaan as nou.’
Afrikaans 1933/1953
En sy sal haar minnaars agternaloop, maar hulle nie inhaal nie; en sy sal hulle soek, maar nie vind nie. Dan sal sy sê: Ek wil heengaan en terugkeer na my vorige man, want toe het ek dit beter gehad as nou.
Afrikaans 1983
en as sy dan haar minnaars probeer opsoek en hulle nie raakloop nie, hulle soek en nie kry nie, sal sy dalk sê: “Ek sal na my eie man toe teruggaan, want ek was by hom beter versorg as nou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat sy agter haar minnaars aangaan, maar hulle nie bereik nie, hulle soek, maar hulle nie vind nie. Dan sal sy sê, ‘Ek wil teruggaan na my eerste man, want toe was dit vir my beter as nou.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy sal probeer om by haar afgode te kom, maar sy sal dit nie regkry nie. Sy sal hulle soek, maar sy sal hulle nie kry nie. Dan sal sy sê: ‘Ek wil teruggaan na my God, want toe ek Hom gedien het, was dit beter as nou.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy sal agter ander mans wil aangaan. Dit sal haar niks help nie, want sy sal hulle nie in die hande kry nie. Sy sal soek waar hulle is, maar sy sal hulle nie opspoor nie. Dan sal sy sê: ‘Ek wil teruggaan na my eie man toe. Dit was beter toe ek by hom was.’