Hosea 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sal haar minnaars agtervolg, maar hulle sal hulle nie inhaal nie; en sy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie; dan sal sy sê: Ek sal gaan en na my eerste man terugkeer; want toe was dit beter met my as nou.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy besef nie dat dit Ek is wat haar alles gegee het wat sy het nie: koring, wyn en olie — selfs die goud en silwer wat sy vir die afgod Baäl geoffer het!
Afrikaans 1933/1953
Ja, sy het nie erken dat Ek aan haar die koring en die mos en die olie gegee het nie, ook silwer vir haar vermenigvuldig het en goud, wat hulle vir Baäl gebruik het.
Afrikaans 1983
Sy wou nie erken dat dit Ek is wat vir haar koring en wyn en olie en baie geld gee nie, geld wat sy in elk geval vir Baäl gebruik het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar sy het nie erken dat dit Ek is wat vir haar koring, •nuwe wyn en olie gegee het nie; silwer het ek vir haar in oorvloed gegee, ook goud. Hulle het dit vir Baäl gebruik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ja, sy wou nie glo dat dit Ek is wat vir haar koring en wyn en olyf-olie gee nie, en ook baie silwer en goud. Sy het 'n beeld gemaak van die silwer en goud, 'n beeld van die afgod Baäl.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy het nooit raakgesien dat dit Ek was wat vir haar koring en wyn en olie en geld gegee het om van te leef nie. Selfs die goud wat sy vir die afgod Baäl gegee het, het sy by My gekry.”