Hosea 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die kinders van Israel sal baie dae bly sonder 'n koning en sonder 'n vors en sonder 'n offer en sonder 'n beeld en sonder 'n skouerkleed en sonder huisgode.
Afrikaans (NLV) 2011
Net so sal Israel vir ’n lang tyd sonder koning en leiers, sonder offers en aanbiddingsvoorwerpe, sonder efod of selfs afgodsbeelde wees.
Afrikaans 1933/1953
Want die kinders van Israel sal 'n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en huisgode.
Afrikaans 1983
Net so sal die Israeliete 'n lang tyd moet klaarkom sonder 'n koning en amptenare, sonder offers en klippilare, sonder efodbeeld en afgodsbeeldjies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want vir 'n lang tyd sal die Israeliete sonder 'n koning en •hoë amptenare, sonder offers en gedenkstene, sonder efod en huisgode moet bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet dit doen, want die Israeliete sal ook lank weg wees. Hulle sal nie 'n koning en amptenare hê nie, hulle sal nie offer nie en hulle sal ook nie klip-pale of beelde hê nie. Hulle sal nie vir die beelde kan bid en vra wat sal gebeur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Net so sal die Israeliete vir ’n hele tyd lank sonder ’n koning of ’n leier moet klaarkom. Hulle sal nie iets aan afgode kan offer nie. Daar sal nie regop klippe in die grond geplant wees om by te bid nie. Daar sal ook nie beeldjies of huisgodjies wees om voor raad te vra nie.