Hosea 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarna sal die kinders van Israel terugkeer en die HERE hulle God en Dawid hulle koning soek; en sal die HERE en sy goedertierenheid vrees aan die einde van die dae.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna sal die volk terugkeer na die Here hulle God en na hulle koning, die afstammeling van Dawid. Hulle sal met bewing en ontsag na die Here toe kom. In die laaste dae sal hulle sy goeie gawes ontvang.
Afrikaans 1933/1953
Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae.
Afrikaans 1983
Daarna sal die Israeliete hulle bekeer. Hulle sal vra na die wil van die Here hulle God, en hulle sal hulle koning Dawid aanhang. Hulle sal vol eerbied terugkom na die Here toe en na die oorvloed toe wat Hy in die toekoms sal skenk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna sal die Israeliete terugkeer en die Here, hulle God, soek, en Dawid, hulle koning. Ja, hulle sal bewend na die Here gaan, en na sy goedheid in die laaste dae.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar die Israeliete sal later weer terugkom. Hulle sal hulle God die Here soek, en hulle koning Dawid. Hulle sal bewe en hulle sal na die Here toe kom en na die goeie dinge wat Hy vir hulle sal gee wanneer dit die regte tyd is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna sal die Israeliete terugkom. Hulle sal na die Here hulle God begin soek. Hulle sal vra of daar miskien nog afstammelinge van koning Dawid oor is. Aan die einde van die tyd sal hulle versigtig na die Here toe kom. Hulle sal verlang na die goeie dinge wat Hy vir hulle gegee het.