Isaiah 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!
Afrikaans (NLV) 2011
Luister na die woord van die Here, julle regeerders van Sodom! Luister na die bepalings van ons God, julle mense van Gomorra!
Afrikaans 1933/1953
Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!
Afrikaans 1983
Luister na die woord van die Here, julle Sodomsleiers! Gee ag op wat ons God julle leer, julle Gomorrasvolk!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Luister na die woord van die Here, •gesagvoerders van Sodom! Gee aandag aan die wet van ons God, mense van Gomorra!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar júlle is soos Sodom en Gomorra, julle, die leiers en die volk. Julle moet luister na wat die Here nou vir julle sê, julle moet hoor wat Hy vir julle wil leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle is eintlik net so skuldig soos daardie twee dorpe. So, luister nou na die Here, julle leiers van Sodom. Let op, mense van Gomorra, want God wil julle iets leer.