Isaiah 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waartoe is die menigte van julle offers vir My? spreek die HERE: Ek is vol van die brandoffers van ramme en die vet van gevoede vee; en Ek het geen behae in die bloed van bulle of lammers of bokke nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek is siek van julle baie offers,” sê die Here. “Moenie nog meer brandoffers vir My bring nie! Die vet van julle ramme of ander diere wil Ek nie hê nie. Ek kry geen genot in die bloed van julle bulle én ramme én bokke nie.
Afrikaans 1933/1953
Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.
Afrikaans 1983
Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van voerbeeste; die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Wat baat julle magdom slagoffers My?” vra die Here. “Ek het genoeg gehad van die •brandoffers van ramme en die vet van gevoerde diere. Die bloed van bulle, lammers en bokramme staan My nie aan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Hoekom bring julle vir My so baie offers? Ek is moeg vir die ramme en die vet beeste wat julle offer, Ek hou nie van bulle en lammers en bokke se bloed nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat het Ek met hierdie klomp offers van julle te doen? wil die Here weet. Watter betekenis het skape wat geoffer word of die vet van voerbeeste? Ek steur My doodeenvoudig nie meer daaraan nie. Selfs die bloed van beeste, skape en bokke is nie meer vir My aanvaarbaar nie.