Isaiah 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Bring nie meer ydele gawes nie; reukwerk is vir my 'n gruwel; die nuwemane en die sabbatte, die roeping van samekomste, kan Ek nie mee weg nie; dit is ongeregtigheid, selfs die feesviering.
Afrikaans (NLV) 2011
Hou op om huigelagtige offers te bring. Julle wierook is vir My afstootlik. Julle feesvierings op Nuwemaanfees en Sabbatte, julle spesiale vasdae, ook julle vroomste byeenkomste kan Ek nie verdra nie, want dis vol boosheid!
Afrikaans 1933/1953
Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste -- Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
Afrikaans 1983
Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het 'n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hou op om waardelose •graanoffers aan te dra! Reukwerk – afstootlik is dit vir My. Nuwemaansfeeste en Sabbatte, die saamroep van byeenkomste – Ek kan nie onreg én gewyde rusdae verdra nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die presente wat julle vir My bring, beteken niks, en die wierook ruik nie lekker vir My nie. Julle moet ophou om dit te offer. Julle vier feeste op die Nuwemaan-dag en die Sabbatdag, julle kom by die tempel bymekaar. Julle hou gewyde feesdae maar dan doen julle slegte dinge. Ek hou nie daarvan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hou op om hier aan te kom met julle offers. Ek sien reg deur julle skynheiligheid! Julle wierookoffers stink vir My! Ek kan dit nie vat dat julle aanhou sonde doen en dan nog steeds ewe vroom hier na die tempel toe kom vir die nuwemaansfeeste en sabbatvierings nie.