Isaiah 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jou nuwemane en jou feestye haat my siel; dit is vir my 'n benoudheid; Ek is moeg om hulle te dra.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek haat julle Nuwemaanfeeste en ander feeste. Dit het ’n las vir my geword en Ek kan dit nie meer verdra nie!
Afrikaans 1933/1953
Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My 'n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
Afrikaans 1983
Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle nuwemane en vaste feestye haat Ek met my hele wese; dit is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor om dit te dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek haat julle Nuwemaan-feeste en julle ander feeste. Hulle is vir My soos swaar goed wat Ek moet dra, en Ek is moeg om dit te dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek haat julle rusdae en feeste. Ek is moeg daarvoor, Ek kan dit nie meer verdra nie.