Isaiah 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as julle julle hande uitbrei, sal Ek my oë vir julle verberg; ja, as julle baie bid, sal Ek nie luister nie; julle hande is vol bloed.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal nie meer kyk wanneer julle julle hande in gebed na My toe uitsteek nie. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie. Want julle hande is vol van die bloed van onskuldige slagoffers.
Afrikaans 1933/1953
En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.
Afrikaans 1983
As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As julle julle hande uitstrek, sluit Ek my oë vir julle. Selfs as julle baie bid, luister Ek nie. Julle hande is vol bloed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal nie luister wanneer julle bid en julle hande na My toe uitsteek nie. Ook wanneer julle baie bid, sal Ek nie luister nie, want julle is moordenaars.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al steek julle julle hande uit na My toe as julle bid, Ek kyk nie eens na julle nie. Julle kan soveel bid as wat julle wil, Ek sal nie na julle luister nie, want julle is almal ’n klomp moordenaars.