Isaiah 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Leer om goed te doen; soek oordeel, help die verdruktes, oordeel die wees, pleit vir die weduwee.
Afrikaans (NLV) 2011
Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee.
Afrikaans 1933/1953
leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
Afrikaans 1983
Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Leer om goed te doen! Bevorder die reg! Lê die onderdrukker aan bande! Handhaaf die reg van die vaderloses! Verdedig die weduwees se regsake!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet leer om goed te doen, julle moet reg doen aan ander mense. Julle moet die mense help wat swaarkry, julle moet seker maak dat mense reg doen aan weeskinders en weduwees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Leer eerder hoe om weer goed te doen en sorg dat mense billik en onpartydig behandel word. Help dié wat misbruik word en beskerm die regte van dié wat nie vir hulleself kan sorg en nie al die geleenthede in die lewe het nie.