Isaiah 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Luister, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE het gespreek: Ek het kinders gevoed en grootgemaak, en hulle het teen My in opstand gekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Luister, hemele! Luister, aarde! Dit is wat die Here sê: “Die kinders wat Ek grootgemaak en versorg het, het teen My gerebelleer.
Afrikaans 1933/1953
Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar hulle het teen My oortree.
Afrikaans 1983
Luister, hemele, gee aandag, aarde, want die Here het gesê: Ek het kinders grootgemaak en opgevoed, maar hulle het teen My in opstand gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Luister, hemel, en gee aandag, aarde, want die Here praat: “Kinders het Ek grootgemaak en opgevoed, maar hulle het teen My in verset gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gesê: “Die hemel en die aarde moet luister en hoor wat Ek sê: Ek het kinders grootgemaak en Ek het vir hulle geleer hoe om te lewe, maar hulle wou nie luister na My nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hemel en aarde, julle moet getuies wees van wat die Here gesê het: Die kinders wat Ek grootgemaak en versorg het, het nou teen My in opstand gekom.