Isaiah 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar as julle weier en in opstand kom, sal julle deur die swaard verteer word, want die mond van die HERE het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar as julle weier en rebelleer, sal julle deur julle vyande vernietig word. Ek, die Here, sê so!”
Afrikaans 1933/1953
Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.
Afrikaans 1983
maar as julle weier en opstandig bly, sal die swaard júlle eet, want dit is die Here wat dit gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar as julle weier en opstandig is – deur die swaard sal julle verteer word.” Ja, die mond van die Here het gespreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar as julle nie wil luister nie, dan sal die vyande julle doodmaak.” Dit is wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
maar as julle weier en aanhou rebelleer, staar julle oorlog in die gesig. Dit is wat die Here gesê het.