Isaiah 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoe het die getroue stad 'n hoer geword! dit was vol oordeel; geregtigheid het daarin vertoef; maar nou moordenaars.
Afrikaans (NLV) 2011
Jerusalem, voorheen so getrou, het ’n prostituut geword! Die stad, eens op ’n tyd die tuiste van reg en geregtigheid, is nou vol moordenaars!
Afrikaans 1933/1953
Ag, hoe het die getroue vesting 'n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag -- en nou moordenaars!
Afrikaans 1983
Die getroue stad het 'n ontrou slet geword! Die stad wat die tuiste van die reg was, waarin geregtigheid geskied het, is nou vol moordenaars!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Helaas, sy het 'n prostituut geword, die getroue stad! Sy was gevul met die reg; geregtigheid het in haar oornag, maar nou net moordenaars.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het ook gesê: “Julle, die mense in hierdie stad, Jerusalem, het gedoen wat Ek wil hê. Julle het reg gedoen aan almal, julle was regverdig, maar julle het ontrou geword, julle is nou moordenaars.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jerusalem, hoe het jy nie verander nie! Die stad wat eens op ’n tyd getrou was aan die Here het soos ’n ontrou straatvrou geword wat agter ander mans aanloop. Daar was ’n tyd dat jy ’n plek was waarin eerlike en ordentlike mense gebly het, maar jy het nou ontaard in ’n wegkruipplek vir moordenaars.