Isaiah 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jou silwer het skuim geword, jou wyn met water gemeng;
Afrikaans (NLV) 2011
Vroeër was jy soos silwer, maar nou het jy soos waardelose lood geword. Jy was so suiwer, maar nou is jy soos wyn gemeng met water.
Afrikaans 1933/1953
Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.
Afrikaans 1983
Jou silwer het lood geword, jou bier is met water bederf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jou silwer het metaalskuim geword, jou koringbier is met water verdun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is soos wanneer iemand silwer smelt en grond daarby gooi, of dit is soos wanneer iemand water by bier gooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Eens op ’n tyd was jy soos egte silwer, so mooi en so skoon, maar nou het jy soos ’n stuk nuttelose lood geword, soos goeie wyn wat met water verdun is en na niks smaak nie.