Isaiah 1:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U vorste is wederstrewig en metgeselle van diewe; almal is lief vir geskenke en jaag belonings na; hulle oordeel die wees nie, en die saak van die weduwee kom nie na hulle nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jou leiers is opstandelinge en vriende van diewe. Hulle vat almal omkoopgeld en beskerm nie die regte van weduwees en wese nie.
Afrikaans 1933/1953
Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.
Afrikaans 1983
Jou vorste is in opstand teen My, hulle is kop in een mus met diewe. Hulle is almal versot op korrupsie en is agter omkoopgeskenke aan. Hulle laat nie reg geskied aan weeskinders nie, hulle behartig nie die regsake van weduwees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jou •hoë amptenare is koppig en span met diewe saam. Hulle almal is lief vir omkoopgeld en jaag belonings na. Vaderloses se reg handhaaf hulle nie, en weduwees se regsake dien nie voor hulle nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle amptenare luister nie na My nie, hulle is vriende van diewe. Mense betaal hulle om verkeerd te doen. Dan doen hulle nie reg in die poort nie. Hulle luister nie wat die weduwees en weeskinders sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jou leiers is oproermakers, hulle grootste vriende is skelms, want hulle is almal korrup en alte lief vir omkoopgeskenke. Maar as dit by die weeskinders en die weduwees kom wat gehelp moet word, wil hulle niks met die saak te doen hê nie.