Isaiah 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sê die HERE, die HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: Ag, Ek sal My verlig van my teëstanders en My wreek op my vyande.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom sê die Een wat regeer, die Here, die Almagtige. die Sterk Een van Israel: “Van my vyande gaan Ek My bevry. My woede gaan Ek uitstort, op julle, my vyande!
Afrikaans 1933/1953
Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!
Afrikaans 1983
Daarom sê die Here die almagtige God, die Sterke van Israel: Ek sal afreken met my teëstanders. Ek sal My wreek op my vyande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom is dit die uitspraak van die Here, die Heer, Heerser oor alle magte, die Magtige van Israel: “Wee hulle! Ek gaan voldoening ervaar oor my teenstanders; Ek gaan My wreek op my vyande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom praat Ek nou. Ek is die Here, die Here wat oor alles regeer, die sterk God van die Israeliete. Ek sê: Dit sal sleg gaan met julle almal wat nou my vyande is, Ek sal julle straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom sê die Here, die magtige God van Israel wat seggenskap het oor alles: Ek sal met julle, my vyande, afreken sodat julle My nie verder kan pla nie.