Isaiah 1:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal my hand teen jou draai en jou skuim suiwer wegspoel en al jou blik wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek draai teen julle. Ek sal julle smelt en die lood afskep. Al julle onsuiwerhede sal Ek verwyder.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.
Afrikaans 1983
Ek sal teen jou optree; met loog sal Ek jou lood weer tot silwer suiwer, al jou afsaksel afskei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal my hand teen jou draai, jou metaalskuim uitsmelt soos met potas, al jou onsuiwerhede verwyder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, Ek sal julle vat en Ek sal julle reinig, soos wanneer iemand silwer smelt en hy haal die grond en die tin uit die silwer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek gaan teen julle optree. Soos ’n mens silwer smelt en al die onsuiwerheid daaruit haal, so gaan Ek julle smelt en al die gemors uit julle uitkry.