Isaiah 1:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal jou regters herstel soos in die begin, en jou raadgewers soos in die begin; daarna sal jy genoem word: Stad van geregtigheid, getroue stad.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna gee Ek aan julle goeie regters en wyse adviseurs soos julle vroeër gehad het. Dan sal Jerusalem weer genoem word die Stad van Geregtigheid, die Getroue Stad.”
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy 'n stad van geregtigheid, 'n getroue vesting genoem word.
Afrikaans 1983
Ek sal jou regeerders weer maak soos hulle vroeër was en jou leiers soos in die begin. Dan sal hulle jou weer noem: Stad van Geregtigheid, Getroue Stad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal jou regters tot inkeer bring soos dit voorheen was, en ook jou raadgewers soos dit aan die begin was. Daarna sal jy genoem word: Stad van Geregtigheid, Getroue Vesting.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal vir die stad weer goeie leiers gee om te regeer, en ook goeie raadgewers. Die mense sal sê: ‘Die stad is die Regverdige Stad, die mense in daardie stad doen wat die Here wil hê.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal weer vir jou goeie leiers en raadgewers gee soos dié van vroeër. Dan sal Jerusalem weer die stad van geregtigheid wat getrou is aan die Here, genoem word.