Isaiah 1:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sion sal deur reg verlos word, en sy bekeerlinge met geregtigheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Jerusalem sal gered word deur reg en almal in die stad wat berou het, deur geregtigheid.
Afrikaans 1933/1953
Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.
Afrikaans 1983
Sion sal deur die oordeel vrygemaak word, dié wat hulle bekeer, deur 'n regverdige beslissing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sion sal net deur reg vrygekoop word, en dié van haar wat terugkeer, deur geregtigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense van Sion, Ek sal julle red as julle reg doen en as julle verander en lewe soos God wil hê, en as julle reg doen aan mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat die Here regverdig is, sal Hy al die mense van Jerusalem red wat hulle sonde bely en terugdraai na Hom toe.