Isaiah 1:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hulle sal beskaamd staan oor die eikebome wat julle begeer het, en julle sal beskaamd staan oor die tuine wat julle verkies het.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle sal skaam wees as julle terugdink aan die tyd toe julle offers aan afgode in julle tuine gebring het. Julle sal bloos as julle dink aan die sondes wat julle gedoen het in julle gewyde tuine.
Afrikaans 1933/1953
Want hulle sal in die skande kom weens die terpentynbome waar julle behae in het, en julle sal rooi van skaamte word oor die tuine wat julle verkies het.
Afrikaans 1983
want die afgodsbome waarop julle begeertes gerig was, sal julle vertroue beskaam, en julle sal teleurgestel staan met die tuine wat julle bo My verkies het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, hulle sal beskaamd staan oor die terebintbome wat julle so begeer. Julle sal verleë wees oor die tuine waaroor julle so gaande is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Julle bring offers vir afgode onder die groot bome, en julle maak vir hulle tuine. Maar dit sal julle niks help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dan sal julle skaam kry oor die akkerbome wat julle aanbid het as heilige bome en die tuine waar julle so graag geoffer het.