Isaiah 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die os ken sy eienaar en die esel die krip van sy heer, maar Israel weet nie, my volk let nie op nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Selfs die bees ken sy eienaar en die donkie die krip van sy baas, maar my volk Israel weet nie, my volk verstaan niks.”
Afrikaans 1933/1953
'n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.
Afrikaans 1983
'n Bees ken sy eienaar en 'n donkie die krip van sy baas, maar Israel ken My nie, my volk het geen begrip van wat Ek doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Bees ken sy eienaar en 'n donkie die krip van sy besitter. Israel het egter nie kennis nie, my volk toon geen insig nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Bees weet aan wie hy behoort, en 'n donkie weet waar sy eienaar vir hom kos gee, maar die Israeliete wil nie naby My wees nie. My volk wil nie aan My behoort nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Dier soos ’n bees ken sy baas se stem en selfs ’n donkie weet goed waarheen om te gaan om kos te kry, maar nie my volk Israel nie. Dit maak nie saak wat Ek doen nie, hulle verstaan niks.