Isaiah 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ag sondige nasie, 'n volk belaai met ongeregtigheid, 'n nageslag van kwaaddoeners, kinders wat verderflik is; hulle het die HERE verlaat, hulle het die Heilige van Israel geterg, hulle het agteruit gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Voorwaar, hulle is ’n sondige klomp, met skuld belaai. Hulle is mense wat totaal en al korrup is. Hulle het van die Here af weggedraai. Hulle het Israel se Heilige Een geminag en hulle rug op Hom gedraai.
Afrikaans 1933/1953
Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
Afrikaans 1983
Ellende wag vir julle, sondige nasie, volk met skuld belaai, geslag wat verkeerd handel, julle wat net afbreek, wat My, die Here, verlaat het, My, die Heilige van Israel, verag en vir My die rug gedraai het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wee 'n sondige nasie, 'n volk swaar belaai met sondeskuld, 'n geslag kwaaddoeners, kinders wat hulle wangedra! Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, Hom die rug toegekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Israeliete, dit sal sleg gaan met julle. Julle is almal sondaars. Julle het baie verkeerd gedoen, julle doen net slegte dinge. Julle verwoes alles, julle wil nie naby die Here bly nie. Die Heilige God van Israel was nie belangrik vir julle nie, julle het weggegaan van Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar wag baie swaarkry op julle, julle sondige volk, want julle almal is skuldig. Julle is ’n klomp korrupte, nikswerd kwaaddoeners! Julle het My, die Here, die heilige God van Israel, verwerp en die neus vir My opgetrek. Dit maak nie saak wat Ek probeer doen het nie, julle het die rug vir My gedraai en julle eie rigting ingeslaan.