Isaiah 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarom moet julle nog geslaan word? julle sal meer en meer in opstand kom: die hele hoof is siek, en die hele hart is beswyk.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoekom wil julle nog verder gestraf word? Hoekom hou julle aan om in opstand te kom? Julle koppe is stukkend geslaan en julle harte is siek.
Afrikaans 1933/1953
Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.
Afrikaans 1983
Daar is nie meer plek waar nog aan julle geslaan kan word nie, en tog hou julle aan om van My af weg te draai. Die hele kop is vol seerplekke en die hele gestel is verswak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waarom wil julle nog geslaan word, en hou julle vol met julle onversetlikheid? Elke kop is siek, elke hart is swak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wil julle hê Ek moet julle nog meer straf? Julle hou aan om ongehoorsaam te wees aan My. Dit is soos wanneer 'n mens iemand baie geslaan het: sy hele kop is stukkend en sy liggaam is baie swak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat gaan aan met julle, hoekom hou julle aan om in opstand te kom? Hou julle daarvan om gestraf te word? Kyk hoe lyk julle al, julle is al siek na liggaam en gees.