Isaiah 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van die voetsool af tot by die hoof is daar geen gesonde in nie; maar wonde en kneusplekke en swere wat verrotting is;
Afrikaans (NLV) 2011
Julle is stukkend, van kop tot tone — vol kneusplekke, hale en ontsteekte wonde! Julle beserings is nie behandel of verbind nie. Daaraan is nie salf gesmeer nie.
Afrikaans 1933/1953
Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
Afrikaans 1983
Van kop tot tone is daar nie een plek heel nie: dit is die ene kneusplekke, hale en rou wonde! Hulle is nie skoongemaak of verbind of met salf behandel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van die voetsool tot die kop is daar nie 'n gesonde plek nie, net hale en kneusplekke en oop wonde. Dit is nie gedreineer nie, of verbind of versorg met olie nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Van sy kop tot by sy tone is sy hele lyf vol seerplekke, vol kneusplekke waar die persoon hom geslaan het. Niemand het die seerplekke skoongemaak en toegedraai en met olyf-olie sag gemaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van kop tot tone is daar nie meer ’n gesonde plek aan julle nie. Julle is die ene kneusplekke, slaanmerke en rou wonde. En hulle is nie skoongemaak of verbind of selfs met salf behandel nie.