Isaiah 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die dogter van Sion het oorgebly soos 'n kothuis in 'n wingerd, soos 'n slaapplek in 'n tuin van komkommers, soos 'n beleërde stad.
Afrikaans (NLV) 2011
Sion in Jerusalem staan verlate soos die opsigter se skerm in ’n wingerd of landery nadat die oes af is. Die stad is hulpeloos soos ’n stad onder beleg.
Afrikaans 1933/1953
En die dogter van Sion het oorgebly soos 'n skermpie in 'n wingerd, soos 'n slaapplekkie in 'n komkommertuin, soos 'n beleërde stad.
Afrikaans 1983
Soos 'n skerm in 'n wingerd het Sion alleen oorgebly, soos die hut van 'n wagter in 'n komkommertuin. Sion is 'n beleërde stad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die dogter van Sion het oorgebly soos 'n takskerm in 'n wingerd, soos 'n oornagskerm in 'n lappie komkommers, soos 'n beleërde stad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jerusalem het alleen oorgebly, en die vyande is rondom die stad. Die stad is soos 'n afdak in 'n wingerd, soos 'n huisie van takke in 'n komkommer-tuin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is nog net Jerusalem wat oor is. Nie dat dit baie beteken nie, want die stad is so weerloos soos ’n oppasser se hutjie in ’n wingerd of ’n skerm in ’n groentetuin. Jy kan maar sê die stad is klaar omsingel, dit moet nog net ingeneem word.