Isaiah 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As die HERE van die leërskare nie vir ons 'n baie klein oorblyfsel nagelaat het nie, sou ons soos Sodom gewees het, en ons sou soos Gomorra gewees het.
Afrikaans (NLV) 2011
As die Here, die Almagtige, nie ’n handjievol van ons gespaar het nie, sou ons uitgewis gewees het net soos Sodom en Gomorra.
Afrikaans 1933/1953
As die HERE van die leërskare vir ons nie 'n klein oorblyfsel oorgelaat het nie -- soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.
Afrikaans 1983
As die Here die Almagtige nie 'n klompie van ons laat oorbly het nie, sou ons soos Sodom geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As die Here, Heerser oor alle magte, nie vir ons 'n klein oorblyfsel agtergelaat het nie – soos Sodom sou ons geword het, aan Gomorra sou ons gelyk gewees het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sê: Die Here wat oor alles regeer, het ons nie almal laat sterf nie, Hy het 'n paar van ons laat oorbly. As Hy dit nie gedoen het nie, dan het die vyande ons verwoes, en dan was ons soos Sodom en Gomorra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As die Here die Almagtige nie ’n klompie van ons laat oorbly het nie, sou ons net soos Sodom en Gomorra totaal verwoes gewees het.