Isaiah 10:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verhef jou stem, o dogter van Gallim, laat dit hoor tot Lais, o arme Anatot!
Afrikaans (NLV) 2011
Ja, skreeu in angs, mense van Gallim! Waarsku die inwoners van Lajesa! Want die magtige leër kom. Arme Anatot! Watter lot wag vir jou.
Afrikaans 1933/1953
Skreeu dit uit, dogter van Gallim! Luister, Lais! Arme Anatot!
Afrikaans 1983
Skreeu, mense van Gallim! Luister, inwoners van Lajesa! Arme Anatot!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Skreeu hardop, dogter van Gallim! Luister mooi, Lajesa! Magtelose Anatot!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Gallim moet skree, die mense van Lajesa moet luister. Die mense van Anatot kan hulleself nie help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Skree van vrees, inwoners van Gallim! Lajesa se inwoners hoor dit en weet wat kom. Die arme Anatot is volgende.