Isaiah 15:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die las van Moab. Want in die nag word Ar van Moab verwoes en tot swye gebring; want in die nag word Kir van Moab verwoes en tot swye gebring;
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie boodskap het ek oor Moab gekry: In een nag sal Moab se stede, Ar en Kir, verwoes word.
Afrikaans 1933/1953
Godspraak oor Moab. Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! Waarlik, in die nag is Kir-Moab verwoes, vernietig!
Afrikaans 1983
'n Uitspraak van die Here teen Moab: Ar-Moab is oornag verwoes, vernietig. Kir-Moab is oornag verwoes, vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Profesie oor Moab. Ja, oornag is Ar-Moab verwoes, vernietig. Ja, oornag is Kir-Moab verwoes, vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here is kwaad vir die Moabiete. Hy het gesê: “Die vyande het die stad Ar-Moab in een nag verwoes en afgebreek, hulle het ook die stad Kir-Moab in een nag verwoes en afgebreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hier is ’n aankondiging van die Here oor Moab se straf: Julle twee stede Ar en Kir sal in een nag verwoes word en daar sal ’n doodse stilte oor Moab hang.