Isaiah 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die hoogheid van die mens sal neergebuig word en die hoogheid van die mense verneder word; en die HERE alleen sal in dié dag hoog wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Die hoogmoed van alle mense sal platgevee word. Hulle trotsheid sal in die stof lê. Die Here alleen sal dan verhoog word.
Afrikaans 1933/1953
Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die HERE alleen sal in die dag verhewe wees.
Afrikaans 1983
Die hoogmoediges sal verneder word, die selfversekerdes sal tot 'n val kom. Op dié dag sal net die Here hoog wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die trots van mense word neergeslaan, die hooghartigheid van manne word omskep in vernedering. Die Here alleen sal verhewe wees op daardie dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die hoogmoedige mense sal moet buig, die mense wat dink hulle is belangrik, sal verneder word. Net die Here sal op daardie dag belangrik wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[17-18] Op daardie dag sal die Here almal wat verwaand en hoogmoedig is op hulle plek sit, en al die afgode sal vernietig word. Net die Here alleen sal geëer word.