Isaiah 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En baie mense sal gaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob; en Hy sal ons sy weë leer, en ons sal in sy paaie wandel; want uit Sion sal die wet en die woord van die HERE uit Jerusalem uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Baie volke sal kom en sê: “Kom, laat ons na die berg van die Here gaan, na die tempel van die God van Israel. Daar sal Hy ons sy weë leer sodat ons aan Hom gehoorsaam kan wees.” Want uit Sion kom die instruksies, en die woord van die Here uit Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953
En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
Afrikaans 1983
baie volke sal daarnatoe gaan en sê: “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer, en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
baie volke sal gaan en sê: “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, sodat Hy ons van sy paaie kan leer, en ons sy weë kan volg.” Ja, uit Sion sal daar onderrig kom, en die woord van die Here uit Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van baie volke sal kom en hulle sal sê: “Kom ons gaan op teen die berg van die Here, na die tempel van die God van Jakob. Dan sal Hy vir ons leer wat ons moet doen, en dan kan ons so lewe. Ons moet na Jerusalem gaan, dan sal ons weet wat die Here wil hê ons moet doen en wat Hy vir ons wil sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Volke sal daarnatoe kom en vir mekaar sê: “Kom ons gaan na die berg van die Here toe, waar die tempel van Israel se God is, sodat Hy ons kan leer wat Hy van ons verwag en ons dan daarvolgens kan lewe. Want die woord van die Here kom uit Jerusalem uit en Hy maak sy wil bekend van Sion af.”