Isaiah 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sal oordeel onder die nasies en baie volke bestraf, en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse: nasie sal nie teen nasie swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sal regspreek tussen nasies en dispute tussen hulle oplos. Hulle sal ploegskare maak van hulle swaarde en snoeiskêre van hulle spiese. Tussen nasies sal daar geen oorloë meer wees nie, en militêre opleiding sal nie bestaan nie.
Afrikaans 1933/1953
En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
Afrikaans 1983
Hy sal oordeel tussen die nasies, regspreek oor baie volke. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sal regspreek tussen die nasies, die reg handhaaf vir talryke volke. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee, en van hulle spiese snoeimesse. Nasies sal nie meer die swaard teen mekaar opneem nie; hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sal die regter wees tussen die volke, Hy sal die baie volke vrede laat maak met mekaar. Dan sal die volke hulle swaarde en spiese smelt en hulle sal daarvan skerp ysters maak om te ploeg en messe om bome se takke af te sny. Die volke sal nie weer oorlog maak teen mekaar nie en hulle sal ook nie leer om oorlog te maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sal geskille tussen lande en volke oplos. Die gevolg hiervan sal wees dat hulle hulle swaarde sal smelt en eerder ploegskare daarvan sal maak. Van hulle spiese sal hulle snoeiskêre maak. Daar sal ’n einde kom aan oorlog en niemand sal meer opgelei word om te gaan veg nie.