Isaiah 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen einde aan hulle skatte nie; hulle land is ook vol perde, en daar is geen einde aan hulle strydwaens nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Israel is ryk aan silwer en goud, daar is geen einde aan hulle skatte nie, en so ook nie aan hulle perde en strydwaens nie.
Afrikaans 1933/1953
En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie.
Afrikaans 1983
hulle land lê vol silwer en goud, daar is geen einde aan hulle skatte nie; hulle land loop vol perde, daar is geen einde aan die getal van hulle strydwaens nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle land is vol silwer en goud – daar is geen einde aan hulle skatte nie. Hulle land is vol perde – daar is geen einde aan hulle strydwaens nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die land Juda is vol silwer en goud, die mense is baie ryk. Daar is baie perde in die land en die mense het baie oorlogkarre.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle is skatryk en baie magtig met al die perde en strydwaens wat hulle besit.