Isaiah 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle land is vol afgode; hulle aanbid die werk van hulle eie hande, wat hulle eie vingers gemaak het;
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die land is vol afgode. Die mense buig neer en aanbid hierdie dinge wat hulle self gemaak het.
Afrikaans 1933/1953
Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het.
Afrikaans 1983
hulle land is vol afgode, hulle buig voor die maaksel van hulle hande, voor wat hulle vingers gemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle land is vol nuttelose afgode; voor hulle handewerk buig hulle in aanbidding, voor dit wat hulle vingers gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die land is vol afgode. Die mense buig voor goed wat hulle self gemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar hulle land is vol afgode en hulle aanbid hierdie nikswerd goed wat hulle met hulle eie hande gemaak het.