Isaiah 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die gemene man buig neer, en die groot man verootmoedig homself; vergewe hulle daarom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom sal elkeen verneder word en laag moet buig. Moet hulle tog nie vergewe nie!
Afrikaans 1933/1953
So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie.
Afrikaans 1983
So het mense hulleself verneder en tot 'n val gekom. U moet hulle dit nie vergewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mense het neergebuig, manne het hulleself verneder. U moet hulle nie vergewe nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, daarom moet U die mense laat buig en U moet hulle verneder. U moet hulle nie vergewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So laag het die mense al gedaal. Here, moenie hulle hiermee laat wegkom nie!