Isaiah 26:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die voet sal dit vertrap, die voete van die armes en die voetstappe van die behoeftige.
Afrikaans (NLV) 2011
Die arm en verdrukte mense vertrap dit onder hulle voete.
Afrikaans 1933/1953
Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.
Afrikaans 1983
Hulle sal onder die voete vertrap word, onder die voete van onderdruktes; die armes sal op hulle trap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Voete vertrap haar, die voete van magteloses, die treë van armes.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat hulleself nie kon help nie en wat arm was, trap nou op daardie stad.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die armes en die mense wat voorheen deur hulle verneder is, loop nou daaroor en vertrap dit tot stof.