Isaiah 26:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, in die weg van u oordele, HERE, het ons op U gewag; die begeerte van ons siel is tot u Naam en tot u gedagtenis.
Afrikaans (NLV) 2011
Here, ons doen graag wat U van ons vra. Ons enigste begeerte is om u Naam te eer.
Afrikaans 1933/1953
Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
Afrikaans 1983
Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U. Ons wil u Naam eer en U aanroep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs op die pad van u oordele, Here, het ons op U gewag. U Naam, u gevierde Naam, was ons hartsverlange.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons glo altyd in U, ook wanneer U die Regter is. Ons wil altyd u Naam noem en U eer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, ons sal U volg en ons hoop in U stel. Om U te loof en prys is ons diepste hartsverlange.